Wenke vir jou video-opname

Wanneer jy gereed is om jou voordrag te verfilm, hou hierdie wenke in gedagte om seker te maak jou video lyk so goed moontlik.

  1. Maak seker die kamera wat jou afneem, is in ’n horisontale posisie eerder as vertikaal.
  2. Belig jouself van voor af. Dit beteken die ligbron moet voor jou wees en nie agter jou nie sodat jy duidelik sigbaar is en nie in ’n donker silhoeët verander nie.
  3. Stel jouself duidelik voor. Sê wat jou naam en van is, hoe oud jy is en waar jy vandaan kom. Jy kan ook noem vir watter afdeling jy met jou voordrag inskryf.
  4. Maak seker daar is nie te veel agtergrondgeraas nie. Kies dus ’n stil plek in die huis om jou video te verfilm sodat ander lawaai nie die beoordelaars se aandag van jou opname aftrek nie.
  5. Let op jou agtergrond. Maak seker die agtergrond is nie te deurmekaar of besig nie. Die fokus moet op jóú en jou voordrag wees.
Hou jou selfoon horisontaal as jy jou opname maak.
Hou jou selfoon horisontaal as jy jou video-opname maak.