
Huisgenoot se voormalige digitale redakteur, Annami Mailovich, onthou hoe sy as skoolkind saam met haar ma van een dorpie na die ander gery het om deel te neem aan verskillende eisteddfods. Sy vertel in die video meer oor haar ervaring en die wonderlike dinge wat die kompetisies haar deur die jare geleer het. Boonop dra sy een van haar gunstelinggedigte voor.