Is jy lief vir die kunste en talentvol? Hou jy van redeneer, sing of optree op die verhoog?

Kom wys jou talent in die kollig en skryf in vir Huisgenoot Eisteddfod, met trots geborg deur Afrikaans.com! Elke deelnemer kry toegang tot ’n spesiale, eksklusiewe meesterklas, waarin ’n professionele vermaakkunstenaar praktiese raad deel en jou help om vir jou optrede voor te berei.

Deel jou video-opname van jou optrede dan hier met ons – ons beoordelaars hou die kompetisie fyn dop.

Alle deelnemers kwalifiseer vir toekenningsertifikate gegrond op meriete: goud, silwer of brons. Kategoriewenners word bekroon met ’n gesogte rooi-sertifikaat, en een groot wenner word aangewys as die Huisgenoot Eisteddfod-ster van die Jaar!

Daar is ook lekker pryse op die spel – en deelnemers wat toekennings ontvang, kry erkenning in Huisgenoot of op Huisgenoot.com. Kom spog met jou talent en wees deel van die pret!

  • Toegang tot eksklusiewe meesterklasse, aangebied deur topkunstenaars
  • Beoordeling deur sterre in die kunste- en vermaakbedryf
  • Toekennings in die kategorie goud, silwer of brons

PRYSE

Goud, Silwer en Brons

Deelnemers wat goud, silwer of brons ontvang se name verskyn tesame met hul prestasie op Huisgenoot.com.

Rooi

Kategoriewenners wat ’n rooi-toekenning ontvang se name verskyn op Huisgenoot.com asook in Huisgenoot se gedrukte tydskrif.

Deelnemers wat ‘n rooi-toekenning kry, ontvang ‘n spesiale digitale Huisgenoot-voorblad waarop hulle as die voorbladster verskyn.

Die wenner van elke afdeling (prosa, poësie, dans, sang en redenaars) se ouderdomsgroep stap weg met ‘n kontantprys van R1 500, met trots geborg deur Afrikaans.com.

Die wenner in elke koor-afdeling wen R5 000 per koor.

Huisgenoot Eisteddfod-ster van die jaar

Die algehele wenner van Huisgenoot Eisteddfod word deur die Huisgenoot-paneel en beoordelaars aangewys. Die spesiale prys word toegeken aan ‘n talentvolle leerder wie se optrede uitgestaan het bo al die ander inskrywings.

Die Huisgenoot Eisteddfod-ster van die Jaar stap weg met R10 000 kontant, met trots geborg deur Afrikaans.com.

INSKRYWINGS

Om in te skryf moet jy nog op skool wees. Leerders van graad 1 tot graad 12 mag deelneem.
Dit kos R150 om in te skryf vir die afdelings prosa, redenaars, sang, poësie en dans.
Inskrywings in die koor-afdeling is R500 per koor.
Jy mag vir meer as een afdeling inskryf, maar net een keer per afdeling.

Jou betaalde inskrywing gee jou toegang tot ‘n eksklusiewe aanlyn meesterklas deur ‘n gevestigde en bekende vermaakkunstenaar, wat praktiese raad en topwenke vir jou optrede sal deel.

Dié kunstenaars dien saam met redaksielede as beoordelaars van die Huisgenoot Eisteddfod. Kyk dus mooi na hul aanlyn meesterklasse sodat jy hulle met jou optrede kan beïndruk.


Onthou! Jou inskrywingsvideo moet in Afrikaans wees.

Inskrywings sluit op 8 Augustus 2024 om 17:00 die middag en jou inskrywingsvideo moet dan op die webblad gelaai wees.

LEES MEER

Jy kan in hierdie artikels meer lees oor nuttige wenke vir jou video-opname, asook die vaardighede waaraan jy kan slyp wanneer jy aan eisteddfods deelneem.

Eisteddfod-ster 2023: Judi Hattingh

Sy wil eendag ’n aktrise wees, vertel Judi. Sy wil graag “famous” wees. Maar sy is eintlik reeds ’n aktrise, verklaar haar ma. En sy ís, want kyk nou net – hier is sy nou Huisgenoot se heel grootste Eisteddfod-ster.

Read More

LEES MEER