HOE WERK DIT?

Kom spog met jou talent!

Skryf in en kyk dan eers na die afdeling waarin jy wil deelneem se meesterklas, waarin ’n topkunstenaar raad en wenke deel vir hoe jy kan voorberei en wat die vereistes vir jou inskrywing is – kom leer by die bestes in die kunste- en vermaakbedryf!

Deel dan op die webblad ’n video-opname waarin jy:

  • ’n liedjie sing
  • ’n gedig voordra
  • ’n stuk prosa voordra
  • as redenaar jou toespraak hou
  • dans
  • as koor saam sing

Hoe werk dit?

  1. Dui aan watter aanlyn meesterklasse jy wil koop.
  2. Gaan voort na die betalingsproses en vra ’n volwassene om met ’n kredietkaart te betaal.
  3. Nadat julle betaal het, sal jy aanlyn toegang hê tot die meesterklas vir die afdeling waarvoor jy ingeskryf het. Jy kan die meesterklasvideo met wenke en raad in jou eie tyd aanlyn kyk.
  4. Maak seker jy het die reëls vir Huisgenoot Eisteddfod gelees.
  5. Verfilm jou koorsang-, dans- of sang-optrede, jou poësie- of prosavoordrag of jou redenaarstoespraak. Jy kan iemand vra om dit sommer met ’n selfoon se videokamera af te neem.
  6. Sorg dat jou video die regte lengte is.
  7. Laai die video van jou optrede op Huisgenoot Eisteddfod se webtuiste. Dit sal gesluit wees vir die publiek en slegs Huisgenoot en ons beoordelaars sal daarna kan kyk.
  8. Voltooi die inskrywingsvorm. Jy mag vir meer as een afdeling inskryf, maar slegs een keer per afdeling.
  9. Huisgenoot Eisteddfod se beoordelaars sal ná die sluitingsdatum na alle inskrywings kyk en dit beoordeel. Deelnemers kan toekenningsertifikate gegrond op meriete ontvang: goud, silwer of brons.
  10. Kategoriewenners word ook bekroon met ’n rooi-toekenning asook ’n spesiale Huisgenoot-voorblad waarop hulle as die voorbladster verskyn.
  11. Deelnemers wat goud, silwer of brons ontvang se name verskyn tesame met hul prestasie op Huisgenoot.com. Kategoriewenners verskyn op Afrikaans.com, Huisgenoot.com asook in Huisgenoot se gedrukte tydskrif.
  12. Een deelnemer word aangewys as die Huisgenoot Eisteddfod-ster van die Jaar!

Afdelings

Poësie

Jy kan self ’n Afrikaanse gedig kies om voor te dra.
Maksimum tydsduur van jou opname: 2 minute

Prosa

Jy kan self ’n Afrikaanse prosastuk kies om voor te dra. Karakterisering word toegelaat en jy mag rekwisiete gebruik.
Maksimum tydsduur van jou opname: 3 minute

Redenaars

Jy kan self ’n onderwerp kies vir jou toespraak en moet die beoordelaar van jou siening oortuig. Die toespraak moet goeie beredenering bevat, ’n logiese struktuur hê en bondig maar treffend wees.
Maksimum tydsduur van jou opname: 7 minute

Sang

Jy kan enige Afrikaanse liedjie van jou keuse sing en jy kan van begeleiding gebruik maak as jy wil.
Maksimum tydsduur van jou opname: 3 minute

Dans

Jy kan ‘n dans van jou keuse doen, op ‘n liedjie van jou keuse.
Maksimum tydsduur van jou opname: 2 minute

Koorsang

Jou koor moet twee liedjies sing. Een liedjie moet in Afrikaans wees. Een liedjie moet sonder begeleiding wees. Een lied moet ‘n formeel gekomponeerde lied wees, byvoorbeeld ‘n lied uit ‘n gesangeboek. Stuur die bladmusiek na eisteddfod@huisgenoot.com.
Maksimum tydsduur van jou opname: 8 minute

Inskrywings

Dit kos R150 om in te skryf vir die afdelings prosa, poësie, redenaars, sang en dans. Dit kos R500 om in te skryf vir die koor-afdeling.

Jy mag vir meer as een afdeling inskryf, maar net een keer per afdeling. Deelnemers moet nog op skool wees. Leerders van graad 1 tot graad 12 mag inskryf.

Jou betaalde inskrywing gee jou toegang tot ’n eksklusiewe aanlyn meesterklas deur ’n gevestigde en bekende vermaakkunstenaar, wat praktiese raad en topwenke vir jou optrede sal deel.

Dié kunstenaars dien saam met redaksielede as beoordelaars van die Huisgenoot Eisteddfod. Kyk dus mooi na hul aanlyn meesterklasse sodat jy hulle met jou optrede kan beïndruk!