TOEKENNINGS EN PRYSE

Deelnemers kan ’n spesiale digitale toekenningsertifikaat ontvang wat deur die beoordelaar van die afdeling toegeken word.

Sertifikate

  • Goud – Fantastiese optrede; jy is ’n kampioen!
  • Silwer – Goeie vertoning; jy is ’n uitblinker!
  • Brons – Welgedaan met jou deelname; hou aan slyp aan jou talent!

Spesiale toekennings

  • Rooi – Uitmuntend; jy is een van slegs 20 kategoriewenners – die beste van die beste!
  • Eisteddfod-ster van die Jaar – Topklas! Jy is vanjaar se heel grootste ster!

PRYSE

Goud, silwer en brons

Deelnemers wat goud-, silwer- of bronstoekennings ontvang se name en prestasies verskyn op Huisgenoot.com.

Rooi

  • Kategoriewenners wat ’n rooi-toekenning ontvang se name verskyn op Huisgenoot.com asook in Huisgenoot se gedrukte tydskrif.
  • Deelnemers wat ’n rooi-toekenning kry, ontvang ’n spesiale digitale Huisgenoot-voorblad waarop hulle as die voorbladster verskyn. 
  • Die wenner van elke afdeling (prosa, poësie, redenaars, dans en sang) se ouderdomsgroep stap weg met ’n kontantprys van R1 500, geborg deur Afrikaans.com.
  • Die wenner van elke koor-afdeling, wen R5 000 per koor, geborg deur Afrikaans.com.

Huisgenoot Eisteddfod-ster van die Jaar

  • Die algehele wenner van Huisgenoot Eisteddfod word deur die Huisgenoot-paneel en beoordelaars aangewys. Dié spesiale prys word toegeken aan ’n talentvolle leerder wie se optrede uitgestaan het bo al die ander inskrywings.
  • Die Huisgenoot Eisteddfod-ster van die Jaar stap weg met R10 000 kontant, met trots geborg deur Afrikaans.com.