BEOORDELAARS

Ontmoet die beoordelaars en aanbieders van die meestersklasse

Prosa: Roeline Daneel

Die aktrise en stemkunstenaar Roeline Daneel is bekend vir haar rol as Alta-Marie in die telenovelle Arendsvlei. Sy het die rol van Mika in die dramareeks Kompleks vertolk. Sy is in 2018 vir ’n Suid-Afrikaanse Rolprent-en-TV-prys (Safta) benoem vir haar rol as Jan van Riebeeck se vrou, Maria, in die fliek Krotoa. Roeline was onlangs te sien in die dramareeks Fraksie as Nina Smit.

Poësie: Frieda van den Heever

Frieda van den Heever is ’n aktrise, musikant, regisseur en stemkunstenaar. Sy was voorheen aanbieder van die RSG-programme Vers en Klank en Kortom. Sy het in 2021 ’n Fiësta-toekenning gewen vir die regie van die toneelstuk Die Poet, Wie’s Hy?

Redenaars: Sue PylerSlabbert

Sue Pyler-Slabbert is ’n bekroonde radio-omroeper, nuusleser, regisseur, aktrise en stemkunstenaar. Sy bied verskeie programme op RSG aan, onder meer die ontbytprogram Op en Wakker. Sy doen ook die voorlesing van Huisgenoot se artikels op Huisgenoot.com.

Sang: Lynelle Kenned

Lynelle Kenned is ’n bekroonde sangeres wat al te sien was in bekende musiekblyspele soos West Side Story en The Sound of Music. Sy is ook ’n talentvolle aktrise en televisie-aanbieder van leefstylprogramme soos onder meer Pasella, Uit die spens en Jý geld.