BEPALINGS & VOORWAARDES

Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes noukeurig deur voor jy inskryf vir Huisgenoot Eisteddfod.

  1. Om in te skryf moet jy nog op skool wees. Leerders van graad 1 tot graad 12 mag inskryf.
  2. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in Suid-Afrika woon.
  3. ’n Ouer of wettige voog moet toestemming gee dat jy aan die kompetisie mag deelneem. Media24 behou die reg voor om bewys aan te vra dat jy die kind se ouer of wettige voog is. As jy nie so ’n bewys kan lewer nie, sal jy gediskwalifiseer word van deelname aan die kompetisie, en as jy reeds ’n prys gewen het, enige prys verbeur.
  4. Jy mag deur iemand anders (ouer of voog) ingeskryf word mits jy toestemming gegee het.
  5. Jy moet met ’n video van jou optrede deelneem. Die video mag nie langer as 2 minute (poësie), 3 minute (prosa, en sang) en 7 minute (redenaars) wees nie en moenie groter as 100 MB wees nie. Video’s wat sukkel om op te laai kan na eisteddfod@huisgenoot.com ge-e-pos word, dan help die span van Huisgenoot daarmee.
  6. Net inskrywings deur hierdie webtuiste of aan die amptelike e-pos-adres eisteddfod@huisgenoot.com word toegelaat.
  7. Inskrywings sluit op 31 Julie 2023 om 12:00 die middag.
  8. Die beoordelaars en die Huisgenoot-paneel se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.
  9. Die toekennings en pryse kan nie vir verdere kontant geruil word nie.
  10. Deur deel te neem aan die Huisgenoot Eisteddfod stem deelnemers in dat hul naam en/of foto in Huisgenoot of op Huisgenoot.com gepubliseer mag word.
  11. Deur deel te neem aan Huisgenoot Eisteddfod stem deelnemers in dat hulle gekontak kan word vir toestemming om die video van hul optrede op Huisgenoot.com of ’n ander digitale platform van Media24 te publiseer.
  12. Geen inskrywingsgeld is terugbetaalbaar nie. Die inskrywingsgeld sal slegs terugbetaal word as Huisgenoot die projek sou kanselleer.
  13. Jy mag in elke afdeling inskryf, maar slegs een keer per afdeling. Moenie twee keer in dieselfde afdeling inskryf nie. Stuur ’n e-pos na eisteddfod@huisgenoot.com as jy dink jou inskrywing en/of betaling is nie ontvang nie.
  • Deur hierdie bepalings en voorwaardes te aanvaar bevestig en gee jy as wettige voog toestemming vir die volgende:
    (a) Alle regte, insluitend intellektuele eiendomsreg en kopiereg op die video’s, berus by jou, en nadat jy die video’s opgelaai het, sal hierdie regte by Media24 berus.
    (b) Buiten soos in hierdie bepalings en voorwaardes gespesifiseer, het Media24 geen verpligting, finansieel of andersins, teenoor jou met betrekking tot die publikasie of gebruik van die video’s nie.
    (c) Die gebruik en publikasie van die video’s, in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes, sal nie jou en jou kind se reg op privaatheid skend nie. Jou en jou kind se privaat besonderhede sal nie met derde partye gedeel word nie.
    (d) Die deelnemer kan die geleentheid hê om in ons of ons verskaffer se bemarkingsmateriaal te verskyn, onderhewig aan hul regte om so ’n uitnodiging van die hand te wys.
  • Die finale keuse van wenners en besluit oor alle toekenningsertifikate sal deur ’n beoordelaar en die Huisgenoot-paneel gedoen word en daardie keuse en besluite is finaal. Media24, borge en die Huisgenoot-paneel se besluit oor enige aangeleentheid rakende die kompetisie of hierdie bepalings en voorwaardes is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Wenners sal telefonies in kennis gestel word en per e-pos waar beskikbaar.
  • Media24 sal die wenner drie keer gedurende kantoorure (09:00 tot 17:00) probeer kontak. As ons nie die wenner deur middel van een van die drie oproepe of ’n e-pos in die hande kan kry nie, kan ’n nuwe wenner deur die Huisgenoot-paneel gekies word.
  • Jy verstaan dat deur jou kind/kinders vir hierdie kompetisie in te skryf, die voornaam en van van jou kind/kinders asook hul ouderdom en prestasie in die Huisgenoot Eisteddfod op verskeie platforms gepubliseer sal word volgens hierdie bepalings en voorwaardes; en dat jou kind se deelname aan hierdie kompetisie, asook die aanvaarding en/of gebruik van ’n prys op jou en jou kind se eie risiko is.
  • Media24 en enige borge neem geen verantwoordelikheid vir enige aanspreeklikheid, skade of verlies (direk of indirek) wat uit deelname aan hierdie kompetisie mag voortspruit nie.
  • Deur aan hierdie kompetisie deel te neem stem jy in dat Media24 en die borg jou af en toe kontak rakende promosies en ander bemarking wat vir jou relevant kan wees, onderhewig aan jou reg om sodanige promosies en bemarking van die hand te wys.
  • Deur aan hierdie kompetisie deel te neem stem jy in tot die verwerking van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met die Media24-privaatheidsbeleid, wat by Media24.com beskikbaar is.
  • Ons en ons borge behou die reg voor om die kompetisie of enige pryse of enige aspek daarvan sonder kennisgewing, op enige tyd en om enige rede te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer. In die geval van sodanige wysiging, uitstelling, opskorting of kansellering stem jy in om afstand te doen van enige regte, belange of verwagtinge wat jy van Media24 of ons borge mag hê, en erken jy dat jy geen skadevergoeding teen ons en ons borge sal verhaal nie.
  • Werknemers van Huisgenoot of hul kinders mag nie aan Huisgenoot Eisteddfod deelneem nie.